Wie is Agapé

Ons is 'n geestelike familie wat daarin glo dat God ons strategies geposisioneer het om die Jesus-verskil in ons onmiddelike omgewing en ons wyer wêreld te maak! Een hart, een huis en een hektaar op 'n slag. Ons glo dat God ons geroep het om soveel as moontlik mense op soveel as moontlik maniere deur Sy liefde te raak, hulle deel van Sy familie te maak, dieper te laat groei, en wyer uit te stuur in die wêreld om dieselfde te doen. As jy kerklos, kerkloos, anti-kerk of mal ook kerk is, Agapé is `n geestelike tuiste waar jy kan behoort.

Ons bevind onsself op die teologiese spektrum tussen die Gereformeerde (NG, Hervormd, ens.) en Pinkster/Charismatiese kerke (AGS, Assemblies of God, ens.)

Ons dienste is modern en so ontwerp dat almal van kerklose mense tot toegewyde Christene welkom voel!

Ons is bly jy is hier!

Indien dit die eerste keer is dat jy ons webwerf besoek en graag verder met ons wil konnek wil ons jou nooi om 'n digitale konnek-kaart in te vul deur op die volgende skakel te kliek.

PREKE

Kom kuier Sondae-oggende en aande by ons in-persoon dienste om 09:00 en 17:00

WAT GEBEUR?

‘n Kykie na wat alles wanneer en waar gebeur!

Volg ons Facebook & Instagram vir meer info

Hoe raak ek betrokke?

Ons is baie passievol daaroor om Dissipels van Jesus te wees en te maak en ons volg 'n intensionele proses om beide te bereik! Dit is ons hartklop as gemeente dat jy sal inkom as besoeker, maar sal groei tot 'n volkome, toegewyde dissipelmaker van Jesus. Hier is 'n paar belangrike stappe om te volg op hierdie reis saam ons!

Wil jy graag in God se koninkryk saai?

"Maar maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, daar waar mot en roes nie verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie. Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees" MATTEUS 6:20-21