Ons Droom van 'n kerk wat:

DISSIPELMAKERS is. Ons streef daarna om meer soos Jesus te wees, asook meer te doen wat Jesus gedoen het.

LEIERS OPRIG wat die DNA en die Visie van die gemeente verkondig, op hul hart dra end it uitleef.

OMGEE VIR MEKAAR en intensioneel verhoudings bou. Om mekaar by te staan, te dra en te ondersteun in "the good, bad and the ugly".

UITREIK na die mense in ons gemeenskap wat gebroke, geknees, siek en ‘gefloor’ is.

Ons dienste en byeenkomste so ontwerp dat KERKLOS, KERKLOOS en ONGEKERKTE MENSE kan welkom voel.

Mense laat DIEPER GROEI in hulle geloof en kennis van die Woord, geestelike beginsels en dissiplines toepas en meer verstaan van God en geestelike groei.

MENSE UITSTUUR en almal in hulle wêreld 'engage'. Ons elkeen wat 'n Citichanger is en 'n verskil maak in mense se lewens.

Bereid is om te serve, VOORSKOTE AAN TE TREK en die gemeente bou deur dienswerk. Ons is nie 'consumers' nie, maar geestelike 'contributors'.

GENEROUS IS MET HUL TYD en skills en hulpbronne. Mense wat bereid is om op 'n irrasionele manier generous te wees daarmee ten einde die uitbreiding van die kerk en Koninkryk te sien.

Intensioneel daarmee vermoeid is om ons invloed te vergroot en die 7 BERGE VAN INVLOED in ons gemeenskap te wen: FAMILIE, GODSDIENS, ONDERWYS, MEDIA, VERMAAK, BESIGHEID en REGERING.

'n GLOCAL MISIE het. 'n Passie het om van Jerusalem tot die uithoeke van die aarde salgaan om die heerskappy van Jesus in harte te vestig.

Soveel as moontlik MENSE, op soveel as moontlik maniere BY JESUS UITKRY en so diep as moontlik te groei in Jesus om so wyd as moontlik uit te stuur.