Ons glo dat God alles op hierdie planeet vir `n spesifieke doel geskape het: Hy't plante gemaak om `n sekere doel te dien, diere geskape om `n sekere funksie te vervul, maar netso het Hy ons as mens, geskape vir `n baie besondere doel: Om ander te dien! Ons is gered, geroep en gerat met baie spesiale gawes, talente en vermoëns om mekaar te bedien. Ons glo bediening en NIE bywoning nie, is die bewys dat jy werklik deelgeword het van Jesus se liggaam. Daarom is dit ons passie om mekaar te dien met ons tyd, teenwoordigheid, gawes, goed en geld en die beste plek om daarmee te begin, is deur OP TE SIGN by ons volunteers-program en deel van die volunteers korps te word! Vul die onderstaande vorm in en kom ervaar die vreugde van bediening!