Geloofsartikels van die Kerk van die Nasarener

DIE DRIE-ENIGE GOD

Ons glo in één, ewigbestaande, oneindige God, Heerser van die heelal. Dat Hy alleen God is, skeppend en besturend, heilig in natuur, eienskappe en doel; dat Hy, as God, drie­enig is in Sy essensiële wese, geopenbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.

JESUS CHRISTUS

Ons glo in Jesus Christus, die tweede Persoon van die Drieënige Godheid; dat Hy ewig één was met die Vader, dat Hy vlees geword het deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria, sodat twee volkome volmaakte nature, dit wil sê die Godheid en die mensheid, aldus in een persoon verenig is, waaragtig God en waaragtig mens — die Godmens.Ons glo dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het en dat Hy waarlik opgestaan het uit die dood en Sy liggaam weer opgeneem het, tesame met alles wat toebehoort tot die volmaaktheid van die menslike natuur, waarmee Hy opgevaar het in die hemel en dat Hy daar besig is om vir ons in te tree.

DIE HEILIGE GEES

Ons glo in die Heilige Gees, die Derde Persoon van die Drieënige Godheid, dat Hy alomteenwoordig en doeltreffend werksaam is in en met die Kerk van Christus; dat Hy die wêreld van sonde oortuig, diegene wat tot berou kom en glo, wederbaar, gelowiges heilig en lei in al die waarheid soos dit in Jesus Christus te vinde is.

DIE HEILIGE SKRIF

Ons glo in die algehele inspirasie van die Heilige Skrif, waaronder ons verstaan die ses­en­sestig boeke van die Ou en Nuwe Testamente, wat deur Goddelike inspirasie gegee is, en waardeur die wil van God foutloos geopenbaar word ten opsigte van alle dinge noodsaaklik vir ons saligheid, sodat wat nie in daardie boeke opgeteken is nie, nie as Artikels van Geloof beskou kan word nie.

ERFSONDE

Ons glo dat erfsonde, of verdorwenheid, daardie bederf van die natuur van al die nakomelinge van Adam is, waardeur elkeen baie ver is van die oorspronklike geregtigheid of die rein toestand van ons eerste ouers toe hulle geskape was, dat ons afkerig van God is, sonder geestelike lewe, en geneig is tot sonde en dit aanhoudend. Ons glo verder dat die erfsonde bly voortbestaan in die nuwe lewe van die wedergeborene, totdat dit deur die doop met die Heilige Gees tot niet gemaak word.Ons glo dat erfsonde van sonde­aksie verskil deurdat dit die oorgeerfde neiging tot die sondedaad is waarvoor niemand aanspreeklik is nie, tot en met die oomblik wat die goddelike verlossingsoplossing aanvaar of verwerp word. Ons glo dat werklike sonde­aksie, of persoonlike sonde ‘n moedswillige oortreding van enige bekende wet van God is deur ‘n moreel toerekenbare persoon. Dit moet dus nie verwar word met onvoorbedagte en onvermydelike tekortkominge, menslikheid, foute, mislukkings, of enige ander afwyking van ‘n aanvaarde of volmaakte gedragskode wat die gevolge van die sondeval is nie. Nogtans sluit sulke onskuldige nagevolge nie gesindhede of reaksies in wat in teenstelling met die gees van Christus is nie, sulke gedrag is in werklikheid sonde van die gees. Ons glo dat persoonlike sonde inherent die oortreding is van die wet van liefde, en dat sonde – aan Christus gemeet, as ongeloof gedefinieër kan word.

VERSOENING

Ons glo dat Jesus Christus deur Sy lyde, deur die storting van Sy bloed en deur Sy verdienstelike dood aan die kruis, ‘n volle versoening vir alle menslike sondes gedoen het, en dat hierdie versoening die enigste grond vir verlossing is en dat dit genoegsaam is vir elke individu van die geslag van Adam. Die versoening is genadiglik genoegsaam vir die verlossing van die onverantwoordelikes en die kinders in onkunde, maar is genoegsaam vir die saligheid van diegene wat die stadium van verantwoordelikheid bereik, slegs wanneer hulle tot ware berou en geloof in Jesus Christus kom.

VRYE KEUSE

Ons glo dat die skepping van die mens na die beeld van God die vermoë om te kan kies tussen reg en verkeerd, insluit, en dat hy dus morele verantwoordelikheid deelagtig geword het; dat hy deur die val van Adam verdorwe geword het sodat hy nie kan omdraai en homself deur sy eie natuurlike krag en werke kan voorberei om te glo en God aan te roep nie. Maar ons gloo ook dat die genade van God deur Jesus Christus vrylik aan alle mense verleen is om almal wat wil, instaat te stel om van die sonde afstand te doen en geregtigheid aan te gryp, om Jesus Christus te vertrou vir vergifnis en reiniging van sonde, en om goeie werke te doen wat vir God welgevallig en aanneemlik is.Ons glo dat die mens, alhoewel hy in besit van die ondervindings van die wedergeboorte en algehele heiligmaking mag wees, nogtans afvallig kan word en aan die geloof skipbreuk kan ly, en tensy so ‘n persoon weer tot berou oor die sonde kom, hy hopeloos en vir ewig verlore gaan.

BEKERING

Ons glo dat berou, wat ‘n opregte en deeglike gemoedsverandering met betrekking tot sonde is, en wat die besef van ‘n persoonlike skuidgevoel en vrywihige versaking van die sonde insluit, van alma! verwag word wat deur die daad of deur die vaste voornerne teen God gesondig het. Die Gees van God gee aan almal wat waarlik tot berou wil kom, die genadige hulp tot ‘n berouvolle hart en hoop vir genade, sodat hulle tot geloof vir vergifnis en geestelike lewe mag kom.

WEDERGEBOORTE

Ons glo dat regverdigmaking dáárdie genadiglike en geregtelike daad van God is waardeur Hy volle vergifnis van alle skuld en volkome vrystelling van die straf van gedane sonde skenk, en as regverdig aanneem almal wat glo in Jesus Christus en Homn as Heer en Verlosser aanvaar.Ons glo dat die wedergeboorte, of die nuwe geboorte, dáárdie genadewerk van God is waardeur die morele natuur van die berouvolle gelowige geestelik lewendig gemnaak word en ‘n kenmerkende geestelike lewe wat tot die geloof, liefde en gehoorsaamheid in staat is, gegee word.Ons glo dat die aanneming dáárdie genadige daad van God is, waardeur die geregverdigde en wedergebore gelowige ‘n kind van God gemaak word.Ons glo dat regverdigmaking, wedergeboorte en aanneming gelyktydig deur die wat God soek ondervind word, en dat dit op voorwaarde van geloof, voorafgegaan dear berou, verkry word; en dat hierdie werk en toestand van genade deur die Heilige Gees bevestig word.

ALGEMENE HEILIGMAKING

Ons glo dat algehele heiligmaking dáárdie daad van God is volgende op wedergeboorte, waardeur die gelowige vrygemaak word van erfsonde, of verdorwenheid, en in ‘n toestand van algehele toewyding aan God en van die heilige gehoorsaamheid van volmaakte liefde, gebring word. Dit word bewerkstellig deur die doop met die Heilige Gees en omvat in een ondervinding die reiniging van die hart van sonde en die blywende, inwonende teenwoordigheid van die Heiige Gees waardeur die gelowige bekragtig word tot ‘n heilige lewenswandel en diensbaarheid.Algehele heiligmaking word deur die bloed van Jesus voorsien en word oombliklik deur die geloof bewerkstellig, voorafgegaan deur volkome toewyding; hierdie werk en toestand van genade word deur die Heilige Gees bevestig. Hierdie ondervinding staan onder verskeie terme, wat die verskillende fases van die ondervinding aandui, bekend, soos: “Christelike volmaaktheid”, “volmaakte Iiefde”, “reinheid van hart”, “die doop met die Heilige Gees”, “die volheid van die seën”, en “Christelike heiligheid”.Ons glo dat daar ‘n duidelike onderskeid tussen ‘n rein hart en ‘n volwasse Christenkarakter bestaan. Eersgenoemde word in ‘n oomblik deur geloof verkry en is die gevolg van algehele heiligmaking; Iaasgenoemde is die gevolg van groei in genade.Ons glo dat die genade van algehele heligmaking die drang om te groei in genade insluit. Dit is egter waar dat hierdie drang bewustelik gekweek moet word en dat sorgvuldige aandag gegee moet word aan die vereistes en prosesse van geestelike ontwikkeling en groei in Christusgelykvormigheid van karakter en persoonlikheid. Sonder hierdie doelbewuste strewe kan ‘n mens se getuienis belemmer word en hierdie genade self verydel en uiteindelik verbeur word.

DIE KERK

Ons glo in die kerk, die gemeenskap wat Jesus Christus as Here bely, die verbondsgemeenskap van mense van God wat in Christus nuut gemaak is, die liggaam van Christus wat byeengeroep word deur die Heilige Gees deur Sy Woord. God roep die Kerk om te lewe in die eenheid en gemeenskap van die Gees; in aanbidding deur die prediking van die Woord, deelname aan die sakramente, en bediening in Sy Naam; Deur gehoorsaamheid aan Christus en deur gemeenskaplike toerekenbaarheid.Die doel (sending) van die Kerk in die wêreld is om die verlossingswerk van Christus voort te sit deur heilig te lewe, deur evangelisasie, dissipelskap, en deur diensbaarheid. Die kerk is ‘n historiese realiteit, wat homself in kultureel daargestelde strukture reël, wat as plaaslike gemeentes en ook as universiële eenheid bestaan, en wat sekere persone afsonder vir spesifieke bedieninge. God roep die kerk om onder Sy gesag te leef, afwagtend op die finale voleinding tydens Jesus Christus se wederkoms.

DOOP

Ons glo dat die Christelike doop ‘n sakrament is wat aanname van die voordele van die versoening van Jesus Christus aandui; dat dit aan gelowiges toegedien word as ‘n verklaring van hulle geloof in Jesus Christus as hulle Verlosser, en ook hulle algehele voorneme tot gehoorsaamheid in heiligheid en geregtigheid.Alhoewel ons primêre wyse van doop deur onderdompeling plaasvind, mag dit ook deur besprinkeling, of oorgieting toegedien word, volgens die keuse van die applikant.

DIE HEILIGE NAGMAAL

Ons glo dat die Gedenk­ en Gemeenskapsmaal, deur ons Heer en Verlosser Jesus Christus ingestel, in wese ‘n Nuwe Testamentiese sakrament is waardeur Sy offerdood verklaar word, en dat deur die verdienste van Sy dood die gelowige lewe en verlossing en die belofte van alle geestelike seëninge in Christus het. Dit het uitsluitlik betrekking op diegene wat tot eerbiedige waardering van die betekenis van hierdie heilige sakrament voorberei is. Deur hulle deelname daaraan verkondig hulle die dood van die Here totdat Hy kom. Aangesien dit ‘n Gemeenskapsfees is, behoort alleen diegene wat geboof in Christus en liefde vir die heiliges bely, uitgenooi te word om daarin deel te hê.

GODDELIKE GENESING

Ons glo in die Bybelse leer van Goddelike genesing en moedig ons mense aan om daarna te strewe om die gebed van die geloof vir die genesing van krankes te doen. Voorsienigheidsmiddele behoort, wanneer dit noodsaaklik geag word, nie geweier te word nie.

WEDERKOMS VAN CHRISTUS

Ons glo dat die Here Jesus Christus weer sal kom; dat ons wat in die lewe oorbly by Sy wederkoms, die ontslapenes in Christus hoegenaamd nie voor sal wees nie, maar dat ons, as ons in Hom bly, opgeneem sal word saam met die verrese heiliges die Here tegemoet in die lug, om so vir altyd by die Here te wees.

OPSTANDING, OORDEEL & BESTEMMING

Ons glo in die opstanding van die outslapenes; dat die liggame van beide regverdiges en onregverdiges opgewek sal word en verenig sal word met hulle geeste — “die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling”Ons glo in ‘n toekomstige oordeel wanneer elke mens voor God sal verskyn om geoordeel te word volgens sy dade in hierdie lewe.Ons glo dat almal wat in Jesus Christus onse Here glo en Hom gehoorsaam volg, verseker is van heerlike en ewigdurende lewe, en dat diegene wat tot die einde toe volhardend onboetvaardig bly, vir ewig in die hel sal ly.